Huisgenoot

Spaanse FIËSTA!

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

GESKROEIBRAAIDE CALAMARI met SAFFRAANRYS

GENOEG VIR 6 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 45 MIN.

◗ 600 g babacalamari, skoongemaak
◗ 80 ml (⅓k) ekstrasuiwer olyfolie
◗ 30 ml (2 e) suurlemoensap
◗ 1 prei (350 g), fyngekap
◗ 2 knoffelhuisies, fyngekap
◗ 1 rooi soetrissie (200 g), gekap
◗ 5 ml (1 t) gerookte paprika
◗ ’n ruim knippie saffraandrade
◗ 400 g (2 k) rou paellarys
◗ 1 x 400 g-blik gekapte tamaties
◗ 1 L (4 k) visaftreksel

VIR VOORSIT

◗ mikro-bronkorsslaai en suurlemoenwiggies

1 Sny die calamaribuise in dun ringe, maar moenie dwarsdeur sny nie. Sit die calamaribuise en tentakels in ’n bak met 2 e van die olie en suurlemoensap. Werk deur om alles te bedek en plaas in die yskas tot gereed.

Verhit die oorblywende olie in ’n 30 cm-paellapan of ’n gewone braaipan. Braai die prei en knoffel 3 min. terwyl jy roer. Voeg die soetrissie, paprika en saffraan by en panbraai 2 min. Laat dit 2 min. kook of tot geurig. Roer deurentyd. Voeg die rys by

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Babbel Voort Aanlyn!
Twee prettige seisoene van Die Babbelbende is aanlyn op huisgenoot.com te kry. In dié Afrikaanse kinderreeks ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd die interessante dinge wat ons wêreld so wild, woelig en wonderlik
Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi

Related