ALLES verander wanneer jy in Jilly Cooper se wêreld instap. In die “Jillyverse” is alles op ’n manier warmer, vroliker, liefliker, meer hemels. Sulke woorde. Dit begin die oomblik toe ek by “The Chantry”, al 40 jaar Jilly se huis in Bisley, Engeland, uit my taxi klim.
Sy wag op die stoep. Haar blou oë blits, en sy glimlag asof sy weet wat in my diepste gedagtes aangaan. Haar kenmerkende wit hare is so donsig soos altyd. Sy het ’n dik woltrui aan met ’n windhond daarop geborduur. Sy is nou 86 – ’n bietjie broos, maar steeds die onberispelike gasvrou, met die regte mengsel van belangstelling en blymoedigheid.
Dis ’n warm middag, maar die vuur in Jilly se sitkamer brand dat dit bars. Daar wag ’n glas koue sjampanje en spoggerige vingerhappies vir my. Ek sal my verstout om dit versnaperinge te noem. Sy gooi my ook toe onder die komplimente.
“Jy het wonderlike wenkbroue; dis die ene Byron,” sê sy. Ek skat sy oordryf.
“Dankie,” stotter ek.
“O, ek is lief vir Byron. Was hy nie hemels nie?”
En daar gaat ons. In ’n handomkeer het sy my om haar pinkie gedraai.
Ons stap deur ’n huis vol honde: houthonde, portrette van honde, geweefde hondekussings, voosgeblaaide hondetydskrifte. Geen regte egte honde nie – haar “darling” Bluebell het ’n paar jaar gelede die reënboogbruggie oorgesteek.
Sy wil nog ’n hond kry, maar moes eers 15 maande lank aan haar jongste roman, Tackle!, herskryf. Ek is hier om oor daardie boek te praat.
So, laat ek dit duidelik maak, ek is nié hier om oor Disney+ se verwerking van haar roman te praat nie. Aidan Turner (“”), David Tennant (“”) en Danny Dyer (“hulle is almal hemels!”) vertolk hoofrolle in die reeks. Daar’s ’n groot nota op die tafel geplak om Jilly te”) Dis ernstig.