Landbouweekblad

DIE GRAVISBAXTER: Braaihoender spesiaal vir Afrika

Dit was ’n lang pad van toewyding en liefde vir die helfte van Ken Baxter se 81 jaar op aarde om sy hedendaagse Gravis-Baxterbraaihoenderras te ontwikkel. Sy strewe was nog altyd om uiteindelik ’n hoender te hê wat goed geskik is vir Afrika en selfs Asië en die Midde-Ooste se diverse produksie-omgewings en -skale, beskikbaarheid van hulpbronne, vaardighede van elke braaihoenderboer, gesondheidsprobleme en vereistes van eindverbruikers. Dit moes letterlik ’n universeel geskikte ras wees.

So geesdriftig as wat hy is om byna alles oor sy “Baxter” te vertel, verkies Ken om die genetiese oorsprong van sy ras ’n handelsgeheim te hou. Al wat hy bereid is om oor die ras se oorsprong te onthul, is dat dit begin het met 252 dosyn broei-eiers wat Ken in 1981 by die Landbounavorsingsraad gekoop het.

“Die genetiese samestelling in hierdie eerste eiers was van vier stamme of lyne wat deur ’n groot maatskappy ingevoer is. Met behulp van ’n geleende boek oor genetika het ek opgelees oor hoe om met pluimvee te begin teel en dit te verbeter.”

Ken het gevind dat die oorspronklike braaihoenders van hierdie vier rasse geneig

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related