Landbouweekblad

Teoretiese wetenskap benut vir praktiese plaasoplossings

Dit is nie goed genoeg om bloot slim te boer om as veeboer staande te bly nie. Vooruitgang is immers noodsaaklik in die hedendaagse kookpot waarin die veebedryf hom bevind weens hoë insetkoste, droogtes, veesiektes en ’n stroom propaganda teen vee en rooivleis.

Daarom span die egpaar Heinz en Almut Gruhn, seningtaai Namibiese veeboere wat pas as die Lewendehawe-registrerende Federasie (LRF) en Molatek se Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar bekroon is, ál die wetenskaplike hulpmiddels tot hul beskikking in om teelvordering te kan maak.

Hulle boer op die plaas Otongovi, 135 km noordoos van Windhoek, waar hulle die Otongovi Hereford-stoetery saam met ’n os-, kleinvee- en vryloop-eierboerdery bedryf. Hul kudde se genetiese koppeling met ander voorloperkuddes van Suid-Afrika, Australië en Kanada stel Breedplan in staat om maandeliks teelwaardebepalings te doen, een van die spilpunte van genetiese vordering.

Benewens die gesogte eerbewys as die beste stoetteler wat hulle op die onlangse LRF-Veeskool by Aldam in Suid-Afrika ontvang het, was die Gruhns in 2014 en 2022 ook tweede in hierdie kompetisie, en in 2014 die wenner van die Koeigroep van die Jaar-kompetisie. Hulle het al 4,5 sterre vir volledige prestasiemeting en -aanmelding van Breedplan ontvang.

Plaaslewe roep hard

Almut het grootgeword op Otongovi, haar ouers, Willi en Gretel Baas, se plaas. Die plaas is reeds 65 jaar in hul familie se besit. In 1995 het sy plaas toe getrek omdat haar pa, toe 70

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter