Landbouweekblad

Boere keer dat Ankole uitsterf

Beesboerdery

Kenners waarsku dat die Ankole binne twee dekades in Uganda kan uitsterf, onder meer weens waninligting oor die horings se medisinale waarde wat veroorsaak dat honderde ton horings weekliks na Asiatiese lande uitgevoer word.

Só het Martin Joubert, Ankole-teler van Rooiberg, op die jaarlikse konferensie en nasionale Ankole-veiling op die Bona Bona-wildplaas naby Wolmaransstad in Noordwes gesê, waar telers waardevolle raad uitgeruil het.

In Uganda word “vragmotors vol Ankoles” geslag omdat telers nie die waarde van dié geharde beesras vir huishoudings besef nie. Hoewel die werklike getal Ankoles in Uganda nie bekend is nie, is daar ’n duidelike daling in getalle, ook weens kruisteling. Daar word voorspel dit kan veroorsaak dat die ras binne twintig jaar kan uitsterf.

Daarom is bewaringsgebiede geskep in die Lake Maburu- nasionale park en die Ziwa Rhino-toevlugsoord in Uganda, asook die Ol Pejeta-bewaringsgebied in Kenia. Suid-Afrikaanse boere neem ook aan die veldtog deel om die Ankole se getalle te vermeerder. Sodoende kan hulle as bewaarders van ’n antieke beesras beskou word.

Die Ankole se geskiedenis dateer terug na die 1300’s in Uganda, maar daar is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related