Weg! Ry & Sleep

Hier’s Kersvader!

BRANDO-MANSBEURSIE

Noot vir noot

Hierdie beursie van egte leer is ’n gawe geskenk vir die man in jou lewe. Hy’s dun sodat hy nie té opvallend lyk in Pa se broeksak nie, en hy’s uitgevoer met kakiemateriaal. Die beursie het agt kaartgleuwe en twee vakkies vir banknote, maar daar’s geen toeknipvakkie vir muntstukke nie, nes dit mansbeursies betaam. Hy het wel ’n venstergleuf vir jou rybewys- of ID-kaart. Die beursie is RFID-bestand, wat beteken niemand kan jou kredietkaart se mikroskyfie skandeer terwyl dit in die beursie is nie. Die beursie se afmetings is 11 x 8,5 x 0,9 cm.

R699 by Outdoor Warehouse

BUSHNELL POWERVIEW 2-10X25-VERKYKER

Kyk, daar’s ’n gompou!

Goeie verkykers is nooit goedkoop nie, en hierdie een deur Bushnell is waarskynlik die beste wat jy vir R999 kan aanskaf. Die vergrotingsfaktor is 10x en die lensdeursnee 25 mm. Die 10x25-kombinasie is geskik vir wildkyk en tog is die verkyker kompak genoeg om in jou bosbakkie se paneelkissie te los.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep11 min read
Haak, Oos-Vrystaat!
Om die een of ander duistere rede bestaan die persepsie dat die Vrystaat vaal, plat en vervelig is, maar dit is ’n wanindruk, een wat sommige Suid-Afrikaners die provinsie net in die verbyry laat ervaar. As jy byvoorbeeld ’n Gautenger is, ry jy waars
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets

Related