Weg!

VIR DIE KERSKOUS!

ARTHUR JONES Toerustingredakteur

Thule Ride Along Lite

Dié fietsstoeltjie vir kinders is vernuftig ontwerp en ’n veilige manier vir Basjan om saam met Pa te ry. Hy is selfs geskik om hom vroegoggend by die kleuterskool af te laai: Geen verkeer nie en vars lug!

Die raam is lig (3,4 kg), maar kan tot 22 kg dra (ongeveer ’n sesjarige kind). Die stoel het ’n verstelbare driepuntharnas, ’n kinderbestande veiligheidsgespe, en beskermingsholtes wat jou kind se hande veilig hou wanneer die fiets byvoorbeeld teen ’n muur leun. Die stoeltjie het ’n Dualbeam-veringstelsel wat sorg dat jou passasier nie rondbons nie. En natuurlik kan die stoel verwyder word as jy sonder ’n kind wil trap.

R2000 by Thule Stores

Salomon Supercross Trail Shoes

In die vakansie eet ’n mens baie en ryk; dus moet jy probeer om ’n bietjie oefening te kry. As jy nie lus voel vir die gim nie, is hardloop die maklikste opsie. Veldloop bied vars lug én mooi uitsigte, en jy word beloon met hope endorfiene.

Ek het hierdie skoene getoets by parkwedlope, bergroetes, kusdraffies en moeiliker enkelspoorroetes en ek was tevrede, veral omdat ek nie juis ’n drawwer is nie. Dié skoene bied genoeg ondersteuning, is duursaam en dit het goeie greep op alle oppervlakke waarop ek gedraf het. Dit sit ook gemaklik aan my voete en die Quicklace-stelsel werk goed.

R1800 by Outdoor Warehouse

Sybokhaarkombers

Koop iets Trots Suid-Afrikaans! Dié kombers van angorabokhare is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit

Related