HY KYK jou in die oë, amper asof hy jou uitdaag om eerste weg te kyk.
Want Melvin Maxim (42) is daaraan gewoond dat mense wegkyk. Of hom aanstaar wanneer hulle dink hy weet dit nie. Hy het ’n toestand waar oorgroeide letselweefsel, oftewel keloïede, soos trosse dadels aan weerskante van sy vriendelike, oop gesig hang. Hy is gewoond aan die kyke, die mense wat hom aanstaar. Hulle sien net die bultende weefsel in sy nek – van die keloïede wat op sy rug, borskas en skouers groei, weet hulle nie eens nie.
“Dit laat my sleg slaap,” vertel hy. “Ek moet op my maag slaap, want die keloïede op my rug is seerder as dié