VIR dié van ons wat al ’n leeftyd lank na die Rolling Stones luister, grootgeword het met tallose beelde van Mick Jagger in ons bewussyn ingeprent en ná ’n paar drankies ons lippe tuit en met ’n oordrewe heupswaai deur die vertrek stap die oomblik wanneer “Street Fighting Man” begin speel, is dit ’n skok om die man in die vlees te ontmoet.
“How you doin’?” vra Mick, ’n skraal lyf in ’n kleurvolle hemp, swart noupyplangbroek en blinknuwe oefenskoene. ’n Bos herfsbruin hare raam ’n 80-jarige gesig wat tegelyk jonk en oud lyk. Hy het die diep plooie van enige man van sy ouderdom, maar daar’s ’n ondeundheid, ’n ligvoetse ongeërgdheid, ’n rebelsheid. Jy sal jou nooit eens kan verbeel dat dié ou toppie in sy baard sal grom oor harde musiek of nuwerwetse modes nie.
Hy is die hoofsanger in die beste rockgroep ter wêreld. En hy het ’n sewejarige seun, Deveraux, by sy meisie, die skrywer en gewese ballerina Melanie Hamrick. Agteroorsit is duidelik nie ’n opsie nie.
Mick is bekend daarvoor dat hy nie terugkyk nie. “Genoeg van al hierdie nostalgia bollocks!” sê hy op sy onvertaalbare manier hier op ’n Saterdagaand in ’n spoghuis in Londen. Ons praat, want die Rolling Stones het ’n nuwe album uitgereik – hul eerste met oorspronklike liedjies sedert 2005 se A Bigger Bang.
is die beste Stones-album sedert van 1978 – en die twee het dieselfde rou punk-binnegoed. Dis omdat albei op dieselfde manier opgeneem is: vinnig. Dit tiek ook al die boksies waarvan mense gehou het toe die groep in die laat 1960’s en vroeë 1970’s op hul kreatiewe en kommersiële kruin was: die geestelike grootsheid van van 1969, van 1971 en die bandeloosheid van van 1972.