’N MENS sou dink toe die eindfluitjie in die Stade de France blaas, het die vreugdevure hier in ons hoekie van die aarde so hoog gebrand as wat dit kon. Maar toe die seëvierende Springbokspan hul voete weer op Afrikabodem sit, was dit soos olie op daardie hoë vuur.
Want toe die Bokke in die ontvangslokaal van die O.R. Tambo-lughawe instap en die Web Ellis-trofee weer huis toe kom, het die gejubel opnuut tot in die