Tuis

Pak dit uit!

ANTIPASTI-PROEBORD

Antipasto is tradisioneel die eerste gang in ’n formele Italiaanse maal, maar antipasti (meervoud) word ook wyd voorgesit as kuierkos. Dit kan so eenvoudig wees soos ’n bakkie olywe, of so rojaal soos dié proebord.

Hier is drie idees:

1 Kouevleis is altyd ’n wenner. Hou die opdiening interessant en maak salami-rosies. Gebruik ’n sopieglas. Vou die eerste salamiskyfie halflyf oor die rand van die glas. Oorvleuel die volgende skyfie effens oor die eerste een en voeg nog “blare” by totdat die roos mooi vol is. Keer versigtig uit op die palm van jou hand; herhaal om soveel blomme te maak soos jy wil. Gebruik verskillende geure en kleure salami en ander kouevleise. Jy kan skyfies gerookte ham met ’n koekiedrukker in sirkels sny vir kleur- en geurvariasie in jou blomtuin.

2 Kies gevulde pasta soos ravioli, tortellini en Die happies lyk nie net mooi nie, dit gee die bord ook lyf. Kook die pasta in soutwater tot net gaar. Dreineer en spoel dadelik in koue water af. Meng dit dan deur jou gunstelingpesto, skep op die dienbord en versier met ekstra basilieblaartjies. Snye geroosterde ciabatta, broodstokkies en kaasstrooitjies is natuurlik ook nie te versmaai saam met pesto nie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
SKRYF IN & WEN!
Laat dít jou mantra wees wanneer jy weer ’n huisverbetering beplan. Dit maak mos sin om enige opknap aan te pak met die oog op die toekoms, en watersekerheid bo-aan jou lys. JoJo, die hoofborg van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, is Suid-Af
Tuis1 min read
Tuis
REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Posadres Posbus 1802, Kaapstad 8000 Algemene navrae Yumna Tofey yumna.tofey@media24.com • 021 406 4552 REDAKSIE Artikelredakteur Beatrice Moore-Nöthnagel beatrice.nothnagel@media24.com Kreatiewe reda
Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar

Related