Tuis

5 wegneem-WENNERS

Pizza met ’n kaaskorsie

Die geheim van vinnige, lekker pizza met tuisgemaakte deeg is om die dag voor die groot bederf te begin. Die deeg sal geur ontwikkel terwyl dit oornag in die yskas rus.

Maak 1 plaatpizza (genoeg vir 4) Voorbereiding: 1 uur Baktyd: 12-15 minute Oondtemperatuur: 220 °C

DEEG

3 koppies witbroodmeel
1 sakkie (10 g) kitsgis
10 ml suiker
3 ml sout
15 ml olyfolie
sowat 300 ml louwarm water

SOUS

80 ml passata
1 knoffelhuisie, fyngekap
5 ml olyfolie
’n ruim knypie gedroogde Italiaanse kruie
3 ml bruinsuiker
sout en peper na smaak

KORS

150 g mozzarella, in stafies gesny
sowat 30 ml gerasperde parmesaan (opsioneel)
’n strooisel gekapte pietersielie

BOLAAG

12 salamiskyfies
250 ml gerasperde mozzarella
’n paar basilieblare
5 ml olyfolie

Maak eers die deeg:

Meng die meel, gis, suiker en sout in ’n groot mengbak. Meng die water en olie geleidelik by (jy sal dalk nie alles gebruik nie) totdat dit lyk of die deegbal bymekaarkom. Keer die deeg dan uit op ’n meelbestrooide oppervlak en knie vir ’n paar minute tot net glad. Probeer om so min moontlik ekstra meel by te voeg. Vorm die deeg in ’n bal, sit dit in ’n geoliede mengbak en bedek met kleefplastiek. Sit dit oornag in die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
SKRYF IN & WEN!
Laat dít jou mantra wees wanneer jy weer ’n huisverbetering beplan. Dit maak mos sin om enige opknap aan te pak met die oog op die toekoms, en watersekerheid bo-aan jou lys. JoJo, die hoofborg van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, is Suid-Af
Tuis1 min read
Tuis
REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Posadres Posbus 1802, Kaapstad 8000 Algemene navrae Yumna Tofey yumna.tofey@media24.com • 021 406 4552 REDAKSIE Artikelredakteur Beatrice Moore-Nöthnagel beatrice.nothnagel@media24.com Kreatiewe reda
Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar

Related