Kuier

Vinette SE LIEFDES

Die skok het nog deur haar binneste gerittel toe die aktrise Vinette Ebrahim op 29 Maart vanjaar die hartverskeurende nuus op Facebook aankondig: “You’re on your way to FREEDOMBURG my partner, my friend for almost half my life! No matter how rough the ride, the end was filled with love. Rest in peace, Ivan D. Lucas. May flights of Angels sing thee to thy rest.”

Daar wás steeds ongeloof terwyl die aktrise gesit en tik het, nes vir diegene wat haar skrywe sou lees. Vir Vinette (66) het dit kompleet gevoel of iemand haar binneste uitgeruk het. Alles was só gou verby. En ’n liefdesverhaal van langer as drie dekades is tot stilstand geruk…

“Letterlik binne ’n dag. Ivan is Maandag 27 Maart gediagnoseer met leweren pankreaskanker en Dinsdag toe is hy weg.” Tot dié Maandag het nie een van hulle eens geweet hy’t kanker nie.

Trouens, vandag wroeg Vinette juis met daai einste ding. “Het Ivan geweet dat hy gaan doodgaan? Het hy geweet hoe siek hy eintlik was? As ek nou terugdink aan ons laaste gesprek by sy hospitaalbed, het hy vreedsaam gelyk. En selfs ná sy dood, het hy daar gelê en rustig gelyk. Handsome. Asof die wêreld se laste van sy skouers af is.”

'HY HET NOOIT GEKLA'

Voor vandag het sy eintlik lanklaas gehuil, maar dis trane van blydskap en hartseer, sê Vinette dan. “Ivan het die wêreld se laste op sy skouers gedra. En daai oomblik toe hy daar lê,was ek happy vir hom. Want dít was Ivan: Hy wou die wêreld se probleme oplos.” Sy vee die trane tussendeur af.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Fotoblokraai
NR. 311 WEN R350 KONTANT! VOLTOOI: Sy's ‘n dominee op Lambertsbaai met baie aanlyn followers. SKRYF SÓ IN: Vul die Fotoblokraai korrek in, skryf die letters in die kleurblokke neer en gebruik dit om die antwoord te ontrafel. SMS jou antwoord, naam, v
Kuier4 min read
Wat Die Hart Van Vol Is
Net voor ek moes skool toe gaan het dokters en familie gesê dis beter as ek na ‘n spesiale as ‘n hoofstroomskool gaan weens breinbeserings wat ek in ‘n motorongeluk opgedoen het. Ek was net twee jaar oud en die skade het my linkerkant verlam. Maar my
Kuier4 min read
Whatsapp: dink Voor Jy Praat
Jy is óf mal daaroor óf dit dryf jou teen die mure uit. Dis nou “voice notes”, oftewel daai stemboodskappe wat jy op geselsplatforms soos WhatsApp kry. Maar hoe ook al jy daaroor voel, daardie blikstemme oor jou selfoon gaan nie sommer stilraak nie.

Related