LEES MEER OOR
• Die cha-cha van chakalaka
• Waar kom die naam vandaan?
• Maak jou eie en gebruik vir paptert tot dombolo
Verbeel jou jy hap aan ’n warm, krakerige boereworsrolletjie met botter wat daarin wegsmelt, gegeur met ’n pikante tamatie-uie-en-wat-nog-sousie. Dalk het jy die straatsmous se geheim vir die maak daarvan op die tradisionele manier probeer afsmeek.
“Daar is ’n sekere heilige braai-triniteit in boerewors, poetoepap en chakalaka, en dis ’n hoeksteen van Suid-Afrikaners se kulturele en kulinêre erfenis,” skryf Jan Braai op sy webtuiste (braai.com). “Soos met die braai van boerewors en maak van poetoepap, is chakalaka redelik eenvoudig om te berei en lekker om te eet.”
Nou is daar ’n stadslegende dat chakalaka sy oorsprong het by die swart trekarbeiders in die Johannesburgse myne. Pootuit het hulle glo saans om die vuurtjie gehurk en wat hulle ook al kon bydra, in ’n gemeenskaplike kookpot gegooi. Dr. Anna Trapido, kosantropoloog en sjef, sê nee wat! “Chakalaka word boonop nie op ’n oop vuur gemaak nie, maar op ’n stoof – iets waartoe hulle nie toegang gehad het in die mynhostelle