Baba & Kleuter

TUISPROGRAM vir stimulasie

As tuisblyma voel ’n mens maklik of jy tonnelvisie ontwikkel terwyl die dae by jou verbyglip en jy ál jou aandag aan jou kleuter wy sonder dat jy voel julle bereik ooit iets. Jy is egter in die perfekte posisie om jou kind optimale een-tot-een-stimulasie te gee. ’n Dagprogram kan help om jou meer in beheer van jul dag te laat voel en ook verseker dat geen faset van hul stimulasie per ongeluk agterweë bly nie. Ons het Carla Cronjé van Vryburg, ’n opgeleide voorskoolse onderwyseres en ma van drie, gevra om wenke oor ’n goeie tuisprogram te deel.

WAT MOET JY STIMULEER?

Jou kind is ’n ontdekker met ’n natuurlike instink om meer oor die wêreld om haar te leer. Jou rol as ouer is om haar soveel moontlik geleenthede te gee om haar begrip van haar leefwêreld te versterk en te verbeter. Onthou, dinge wat ons as vanselfsprekend beskou, soos dat watte sag en klippe hard is, moet kinders nog ontdek. In jou stimulasie-aktiwiteite behoort jy veral te let op

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter3 min read
MYNE! Myne!
Sunette du Plessis van Olivedale in Johannesburg weet nie meer watter kant toe nie, want klein Matt (3) weier om met sy boetie, Josh (1), te deel. “Ek het al alles probeer. Ek het mooigepraat, sy handjie gewiks, uitsittyd probeer ... Niks werk nie. I
Baba & Kleuter3 min read
Die Lekkerte Van Lees
Toe Mohandas Gandhi eendag van ’n trein afgegooi is, was dit die begin van sy reis om ’n einde te maak aan die onregverdige behandeling van Indiërs in Suid-Afrika – ’n reis om almal te leer dat jy die wêreld kan verander sonder om geweld te gebruik.
Baba & Kleuter4 min read
Werk Met Geld
Baie mense se finansiële krisis kon voorkom gewees het, as ’n paar eenvoudige lessies oor geld nagekom is ... Daar is nie ’n onuitputbare bron van geld nie; as jy geld leen moet jy dit terugbetaal, as jy iets nie kan bekostig nie behoort jy dit nie t

Related