Noordwes-Jongboerwenner
Pas uit universiteit met ’n BComgraad is Gideon van Zyl ’n draadtang in die hand gestop op hul familieplaas, Buckshee. Agterop die bakkie wat ’n voorman bestuur het as hulle lyndrade, windpompe of krale herstel of gebou het, was sy pa, Jan, se opdrag: “Hoeveel mense en hoeveel tyd het jy nodig om ’n kilometer draad te span, en wat gaan dit kos?”
“Dit het my aan die dink gesit. Ek kon uitwerk wat die materiaalkoste en ander uitgawes beloop, maar dit was nog onmoontlik om te bereken hoeveel tyd dit sal kos en hoeveel werkers nodig is. Dít is hoe ’n mens produktiwiteit meet. My oë het oopgegaan.”
Vandag weet hy ’n boer kan nie take uitdeel of werkers produktief bestuur as hy dit nie suksesvol – of selfs beter – as hulle kan uitvoer nie.
Sewentien jaar gelede, nadat hy landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer het, is hy op die harde manier by die gevestigde boerdery op plase by Vryburg en Olifantshoek ingelyf.
Sy oupa na wie hy genoem is, die