Ons het by Kurt Brunner, eienaar van Ultimate Bush Adventurer, vir raad gaan aanklop:
nige ‘n waterkruising – trouens, enige hindernis – behoort altyd versigtig aangepak te word, veral wanneer jy jouself in die boendoes bevind. Eerstens, vat jou tyd en observeer jou omgewing deeglik. Afgeleë gebiede op ons vasteland is allermins die plek vir ‘n verhewe ego’s, veral wanneer dit by water kom. As jy dus nie gemaklik voel om die kruising aan te durf nie, moenie. Moet nooit deur jou medereisigers daarin geboelie word nie – daar is absoluut geen skande daaraan om