‘DINGE het vir my begin toe ek as kind vir die eer-ste keer vir Spiekeries op die draadloos gehoor het.
Gerhard Viviers het op dieselfde dorp as ons gewoon. Op Brits was hy ’n dorpslegende en ’n held. Ons het hom geken as die oom op die radio.
Sy stem was altyd in ons huis as daar ’n rugbywedstryd oor die radio aan die gang was, en hy was gereeld by die rugbyklub op die dorp.
Ek is een van vyf kinders en my ouers sowel as my ouma het gesukkel om ons besig te hou. My ouma sou gereeld ’n langspeelplaat