Landbouweekblad

‘Taai’ Brahmane nou Ruan se doellyn

Rugbywêreldbeker 2023

Aanvanklik het sy liefde vir rugby swaarder geweeg – dit het gewys in sy vertonings op die veld en sy geesdrif vir die spel. Tog is boerdery in die oud-Springbokvleuel Ruan Combrinck (33) se bloed, want dit kom al van tot agt geslagte van sy pa, Cobus, én ma, Debbie, se kant. Vyf opeenvolgende geslagte, waaronder Ruan, boer al op die Combrincks se plaas, Uitzicht, van 2 000 ha by Babanango in KwaZulu-Natal. Nou boer hy ook heeltyds en is gaande daaroor.

Om ’n onderhoud met Ruan te kry, is byna onmoontlik. Hy is pal aan die werk, met beesgeluide op die agtergrond. Die enigste tyd wat hy kon inruim, is laat een wintersaand, kort nadat hy brandbane op sy doenlysie kon afmerk en vinnig ’n paar happe van sy aandete kon neem.

“Ek het jare lank eintlik ’n soort dubbele lewe gelei. Ek het ’n passie vir rugby gehad, maar tussen oefeninge saam met die Leeus het ek weggeglip om verskeie sakevennote in die vee- en wildbedryf te besoek. Op skool is ek dikwels uitgevang dat ek prentjies van rugbyballe of -pale teken, en denkbeeldige rugbyspanne opstel!”

Halfpad deur 2016 was daar genoeg tyd om langs die kantlyn te besin oor ’n toekoms buite ’n sport waarvoor hy geleef het. Ruan is ernstig beseer toe hy vir die Springbokke teen Argentinië gespeel het, slegs maande nadat sy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related