Landbouweekblad

ERVARING MAAK JOU RATS VIR VERANDERING

Wanneer kinders deel van ’n familieboerdery word, moet hulle besef hulle word deel van ’n besigheid wat danksy hul voorgangers se ervaring oor dekades opgebou is.

“As ek die horlosie kan terugdraai, sal ek weer saam met my pa wil boer. Dit het my in staat gestel om die boerdery te verbeter deur by hom te leer. As kinders plaas toe gaan, moet hulle besef die kennis is oor dekades heen opgebou. Dit is nie te sê jy moet alles doen nes jou pa nie, maar dit is belangrik om uit foute te leer en daarop te verbeter,” sê mnr. Kaspar Günzel van sy pa, Helmi.

Kaspar en sy vrou, Stephanie, boer met drie stoeterye, die Günzel Simmentaler-, Brahman- en Boran-stoetery, kommersiële beeste vir osproduksie, en ’n saaiery met mielies as hoofgewas, grondbone, sonneblomme, lablab-bone, akkerbone, katoen en sorghum vir kuilvoer, en aangeplante bloubuffelgras.

Hy erken hoe waardevol die geleenthede is wat sy pa hom gebied het. ’n Jong boer moet by die ouer boere raad en inligting vra, deel van die georganiseerde landbou wees en boeredae bywoon om inligting te kry om hul gedagtes te prikkel oor wat hy anders kan doen as die tradisionele wyse waarop boerdery gedoen is. “Ons moet altyd probeer aanpas, want ons kan nie aanhou boer soos in die ou dae nie.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter