Weg! Ry & Sleep

Selfgeboude droomwa

Hulle kamp al baie lank met tente en het oor die jare al die toerusting vergaar wat ’n mens met hierdie leefstyl vereenselwig. Hulle het ook al elke denkbare slaapplan probeer: ’n verskeidenheid van tente, opblaasmatrasse, kampbeddens, skuimrubbermatrasse, duvets, slaapsakke… die lys het klaarblyklik nie einde nie. Dit was tyd vir ’n verandering, en daar was ’n idee – én genoeg tyd – om self iets te bou. Deon vertel.

Ek het al voorheen ’n Venter in ’n veeldoelige sleepwa vir ons gesin van vyf omskep. Hy het fietsrakke, ’n kombuis, watertenks, jerrykan- en gassilinderhouers en ammunisiekiste gehad. Ons het oral met daardie sleepwa gereis en baie goeie diens uit hom gekry.

Iewers in 2016 het die gedagte by my begin posvat om my eie wa te bou. Goeie vriende het in daardie tyd vir ons hulle teardrop-waentjie geleen en ons het hom met ’n Land Rover Defender gesleep wat ons by ’n ander goeie vriend geleen het. Ons het ons voertuie afgeskaal omdat ons in daardie tyd in Guangzhou, China, skoolgehou het.

Ons het twee van ons seuns Krugerwildtuin toe geneem met hierdie geleende kombinasie. Dit is al sedert die jare tagtig en negentig ons gunstelingvakansiebestemming, want my ouers het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges
Weg: Ry & Sleep2 min read
Die Rustigheid Van Ruah
Ons probeer om minstens elke twee maande te gaan kamp en het ’n lys van kampplekke wat binne drie uur se ry van die huis af is. Ons het dus min oortuiging nodig om ons Howling Moon-tent in die Renault Duster te laai en vir ’n naweek in die pad te val
Weg: Ry & Sleep11 min read
Haak, Oos-Vrystaat!
Om die een of ander duistere rede bestaan die persepsie dat die Vrystaat vaal, plat en vervelig is, maar dit is ’n wanindruk, een wat sommige Suid-Afrikaners die provinsie net in die verbyry laat ervaar. As jy byvoorbeeld ’n Gautenger is, ry jy waars

Related