![f116-01](https://article-imgs.scribdassets.com/5xr0hwyh6ob8mvap/images/file85SFFAZA.jpg)
![f117-01](https://article-imgs.scribdassets.com/5xr0hwyh6ob8mvap/images/file1L3D0DS5.jpg)
![f117-02](https://article-imgs.scribdassets.com/5xr0hwyh6ob8mvap/images/file60HRPXSN.jpg)
Tussen al die dieetrate daar buite is een blywende voorstel: Eet meer groente. Spinasie tot tamatie, groente is volgeprop met vitamiene, minerale en antioksidante. Veral rou. Maar wie wil nou soos ’n haas aan rou kool knaag? Stoom jy egter die groente, gee dit die tekstuur en geur ’n hupstoot. Dis ook sagter en makliker om te kou en te verteer. Groente is boonop nie al wat jy kan stoom nie. Leanie Huxham, geregistreerde dieetkundige by Vergelegen Dietitians, Somerset-Wes, gee agt redes waarom stoom jou voorkeur-kookmetode behoort te wees
1 BEHOU DIE GOEIE
Wateroplosbare voedingstowwe soos vitamien C en folaat (’n B-vitamien) kom in groot hoeveelhede in baie groente voor – maar hitte en water kan dit beskadig. Stoom jy dit, bly die groente en warm water apart en meer vitamiene word behou. Vitamien C is nodig om jou immuunstelsel tiptop te hou (bronne is broccoli en aartappels). Folaat, weer, is veral belangrik tydens swangerskap (broccoli, spinasie en kool). Saam met vitamien B12 (eiers en seekos) help folaat ook om rooibloedselle te vervaardig, wat anemie (bloedarmoede) en moegheid voorkom.
2 ANTIOKSIDANT-SKOP
Studies toon stoom is veral goed om antioksidante soos flavonoïed, antosianien en glukosinolaat te behou. Anders as met die kookproses in water, is daar nie kookwater waarin dit kan uitloog nie en dis minder geneig om deur die hitte beskadig te word.