WIE WOON HIER? Kim en Brendan Black
WAAR Kommetjie, Kaapse Skiereiland
GROOTTE 450 m2
Wanneer jy die fraai stranddorp Kommetjie binnery, heet vlierplankryers jou welkom op die horison. Dié kuslyn is immers ’n wêreldbekende branderrykol. En sedert Kim Black en haar gesin in 2021 van die nabygeleë Vishoek hierheen getrek het, soek Brendan en hul seun Adam gereeld Langstrand se branders op.
Vir Kim, ’n kunstenaar wat hul huis in die Klein Slangkoplandgoed beskryf as ’n gesinshuis waar haar volwasse kinders, Adam (28), Isabella (25) en Olivia (21) elke naweek kom kuier, is die natuur en inheemse fynbos ’n groot inspirasie. Hiervan getuig haar heldergroen voordeur ().