Huisgenoot

‘BOOSHEID VANSELF’ OP VRYE VOET

SY IS die vrou wat geweier het om te sterf. Met haar een hand op haar maag om haar ingewande binne te hou, ’n oopgesnyde keel en nog tientalle meswonde het sy uit die duineveld pad toe gekruip.

Maar eers het sy die name van die twee wreedaards wat haar soos diere verkrag en aangerand het in die sand geskryf: Frans du Toit en Theuns Kruger. Sy wou geregtigheid hê – selfs al sterf sy.

Maar Alison Botha hét daardie grusame aanval 28 jaar gelede in Gqeberha oorleef. Du Toit en Kruger is lewenslank tronk toe gestuur. Gedurende die vonnisoplegging het regter Chris Jansen hulle as “die boosheid vanself” beskryf en aanbeveel dat hulle nooit parool kry nie.

Op haar lang pad na fisieke en emosionele genesing het die dapper Alison (nou 56) ’n boek geskryf. Daar was ook ’n dokumentêre rolprent oor haar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wat was die naam van die motor in die TV-reeks Knight Rider? 2 In watter eilandgroep sal jy die eiland Tenerife aantref? 3 Watter voedingstof ontbreek waarskynlik van iemand se dieet as hulle kwasjiorkor kry? 4 In watter posisie het Deon Fourie vir
Huisgenoot2 min read
Het Jy Geweet?
Deesdae is daar twee supergewilde klanklogo’s. Die een is Netflix se “ tudum”-geluid en die ander is TikTok se kenmerkende klankie. Dis wat jy aan die einde van elke TikTok hoor. Die maatskappy het dit ontwikkel om ’n unieke identiteit te gee wat hul
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
V Ek het ’n wonderlike, pragtige dogter, maar sy’s tog so ongelukkig. Sy’s nou 44 jaar oud en het ’n seun met baie goeie maniere. Sy was nog nooit getroud nie, maar was in ’n paar lang verhoudings. Sy verdien haar eie salaris en lê nie in kuierplekke

Related