Landbouweekblad

‘Ek wil nie gemiddeld wees’

Jongboer

Hy kan van ’n sokkie stop tot ’n kar bou, en as hy iets nie weet nie, sal hy leer hoe om dit te doen.

“Ek wíl alles kan doen,” sê Christi van den Heever (38) ’n week nadat hy ’n tien jaar lange droom bewaarheid het om as Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar aangewys te word.

Vir dié dinamiese boer, wat een van die voorste sagtevrugteplase in Suid-Afrika en die kroonjuweel in Graaff Fruit se stal bestuur, is niks te veel gevra nie.

Dit was sy meteoriese opgang op Graaff Fruit se plaas Romansrivier by Wolseley, waar hy die aanplantings binne tien jaar van 12 ha tot 150 ha uitgebou het, wat hom in 2018 op Rietfontein laat beland het.

Sy werkgewer, Robert Graaff, het geweet hy is gereed vir groter dinge. Die afgelope vyf jaar op Rietfontein het Christi hom reg bewys. Die plaas se uitvoer het sedert 2018 van 360 000 kartonhouers gestyg tot 550 000 kartonhouers – dít terwyl die aanplantings dieselfde gebly het. Nog indrukwekkender is dat sy omset met ’n yslike 95% toegeneem het.

“Toe ek hier kom, was ons in die rooi, maar teen 2020 het ons goeie wins gemaak.”

Christi het nie op ’n plaas grootgeword nie, maar sy kinderjare in Namakwaland deurgebring, waar sy pa op die myne gewerk het. Hy grawe ’n vergeelde foto’tjie uit, met ’n outydse mik-en-druk-kamera geneem, waar hy as sewejarige kannetjie ’n welige groentetuin in die dorre Namakwaland gemaak het. Op ’n ander foto staan hy breëbors met sy beet-oes, wat hy aan Springbok se mense verkoop het. En vakansies, wanneer hulle op sy oupa se Boesmanlandse plaas gaan kuier het, het hy sakke vol skaapmis gemaak om sy groentetuin tuis mee te bemes.

“Ek vra myself graag af waar dit begin het. Ek kom nie uit ’n groen wêreld met bome en spilpunte nie, en daar was ook nie ’n boerementor in my kinderjare

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related