Landbouweekblad

‘GROTER IS NIE NOODWENDIG BETER’

Dit klink dalk nie na baie om op 55 hektaar met vrugte te boer nie – veral nie vir iemand wat op 200 hektaar boer nie – maar vir mnr. Mario du Plessis is dit groot én klein genoeg. Hy kan sy oog oor die kleinste besonderhede hou, en terselfdertyd ’n bevredigende winspersentasie handhaaf.

Om oral te kan wees en by alles op die plaas betrokke te wees, is hoe Mario dit verkies. Hy boer op Aurora in die Warm Bokkeveld buite Ceres met 39 ha pere, 10 ha appels en 7 ha perskes. Hy saai ook sowat 200 ha koring, 40 ha hawer en 25 ha weidings. Sy vleisbeesvertakkings (Angus en Bonsmara) is sowat 50 tot 60 sterk.

“Ek hou nie van ’n rompslomp-besigheid nie. Ek sal nie só groot wil gaan dat ek nie my hand op iets kan hou nie.”

Die Aurora-boerdery is op die prysuitdeling van Ceres Fruit Growers (CFG) einde verlede jaar bekroon met die gesogte CFG-voorsitterstrofee, asook die trofeë vir beste Rosemarie-pere, beste Panorama Golden-appels, beste oesskatting en beste inkomste per hektaar vir pere.

“My ouers het ook al bekers vir Rosemarie- en Bon Chretien-pere gewen, maar die afgelope vier jaar word ons deurgaans beloon. Verlede jaar het ons die heel grootste beker (die Voorsitterstrofee) gekry, maar dis

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related