Toe Ronel Lategan haar kantoordeur agter haar toetrek om vir ’n jaar sabbatsverlof te neem, het sy nooit kon raai hoe dit haar lewensuitkyk sou verander nie.
Een jaar het meer as drie geword.
Sy het in Chokwe, Mosambiek, die kinders leer ken wat sy al baie jare finansieel ondersteun, Italiaans baasgeraak ná ses maande se taalklasse in Florence, ’n paar draaie deur onder meer Portugal, Frankryk, Brittanje en Nederland gemaak, en geswig voor die verslawende effek van ’n pelgrimstog.
Nadat sy ’n gedeelte (sowat 300 km) van die Franse Camino gestap het ‒ wat van Saint-Jean-Pied-de-Port in Frankryk oor die Pireneë-bergreeks tot by Santiago de Compostela in Spanje strek ‒ het sy nóg twee togte aangepak. Die volle Portugese Camino (675 km van Lissabon tot Santiago de Compostela) en toe ’n deel (300 km) van die minder bekende Camino Puy tussen Le Puy-en-Velay en Saint-Jean-Pied-de-Port.
En altyd was daar genoeg tyd . . . iets waarvan sy as hoofbestuurder van ’n voorste internasionale skoonheidshuis bitter min gehad het toe sy