SARIE

SNIKWARM? SMOORKWAAD!

SA gaan na verwagting teen die einde van die eeu tot 6 °C warmer wees
dr. Caradee Wright van die MNR

Te midde van ’n snikhete somer, waarsku ’n NASA-navorser die Amerikaanse kongres: “Die kweekhuiseffek is ’n werklikheid en verander ons klimaat.” ’n Onbetwisbare, wetenskaplike feit. Dis 1988. Wêreldwyd is temperature sowat 0,6 °C hoër as wat die gemiddelde in die voor-industriële tyd was. Dis die warmste jaar wat wetenskaplikes nóg aangeteken het. Maar hoor hier: Só koel sal dit nooit weer wees nie.

Dis sekerlik vir niemand nuus dat die aarde warmer word nie. Volgens NASA was die afgelope sewe jaar die warmste op rekord. Nie net is dit ongemaklik nie, maar dit bedreig ook ons gesondheid. Hitte kan doodmaak. Meer mense sterf as gevolg van hitte as van orkane en vloede sáám, volgens die Amerikaanse Nasionale Oseaan- en Atmosfeeradministrasie (NOAA) in die Washington Post.

Die nuustydskrif berig mediese navorsers begin ’n verband vind tussen volgehoue hitteblootstelling en chroniese gesondheidstoestande, wisselend van diabetes tot nierstene, kardiovaskulêre siektes en selfs vetsug. Op eie bodem word in die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma
SARIE8 min read
Net Cindy, Niks Fancy Nie
Hier is een rol wat Cindy Swanepoel-aanhangers nie sien kom het nie. Cindy as ’n idioom. Kry die prentjie: woordelose papierpop Cindy, met groot rooi kartonlippe en tande wat daaruit tuimel as dit oopgaan . . . ’n Mond vol tande. Die Wonderlike Wêrel

Related