SA gaan na verwagting teen die einde van die eeu tot 6 °C warmer wees
dr. Caradee Wright van die MNR
Te midde van ’n snikhete somer, waarsku ’n NASA-navorser die Amerikaanse kongres: “Die kweekhuiseffek is ’n werklikheid en verander ons klimaat.” ’n Onbetwisbare, wetenskaplike feit. Dis 1988. Wêreldwyd is temperature sowat 0,6 °C hoër as wat die gemiddelde in die voor-industriële tyd was. Dis die warmste jaar wat wetenskaplikes nóg aangeteken het. Maar hoor hier: Só koel sal dit nooit weer wees nie.
Dis sekerlik vir niemand nuus dat die aarde warmer word nie. Volgens NASA was die afgelope sewe jaar die warmste op rekord. Nie net is dit ongemaklik nie, maar dit bedreig ook ons gesondheid. Hitte kan doodmaak. Meer mense sterf as gevolg van hitte as van orkane en vloede sáám, volgens die Amerikaanse Nasionale Oseaan- en Atmosfeeradministrasie (NOAA) in die Washington Post.
Die nuustydskrif berig mediese navorsers begin ’n verband vind tussen volgehoue hitteblootstelling en chroniese gesondheidstoestande, wisselend van diabetes tot nierstene, kardiovaskulêre siektes en selfs vetsug. Op eie bodem word in