SARIE

Die prins wat sy sweet wegskrik

Ons ken die verhaal van die prinses wat ’n enkele ertjie onder ’n hoop matrasse kon voel. Nou word wyd bespiegel of die prins wat nie kon sweet nie, in dieselfde kategorie val. ’n Sprokie dus. Gaan sy neus begin groei?

Sweet is deesdae ’n omstrede onderwerp in Brittanje. Die groot vraag: Kan jy jou sweet wegskrik?

Dekades gelede het die Britse pers prins Andrew Randy Andy gedoop. Nou bevind hy hom middein ’n seksskandaal wat sy vriend die veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein betrek. “Hierdie man [die prins] het oraloor my gesweet, dit was soos reën . . .,” vertel Virginia Giuffre in ’n uitsending op BBC Panorama in Desember verlede jaar. En maak ’n geluid om haar weersin te kenne te gee. “Ugh!” Andrew het na bewering drie keer by haar geslaap terwyl sy as 17-jarige as seksslaaf gebruik is deur Epstein, wat intussen sy eie lewe geneem het in die tronk.

Tydens ’n rampspoedige onderhoud op die BBC-programhet Andy in sy stywelip-Engels homself verdedig: Hy kon in daardie stadium nie sweet nie weens ’n oorafskeiding van adrenalien toe hy in die Falklandoorlog geveg het. Hy het glo intussen “ ’n paar dinge gedoen” en die probleem is (heel gerieflik) opgelos.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE4 min read
16 Blaaie Vir Die Ontspan, Die Probeer En Die Pret!
DWARS 7 Te perd (6)8 ’n Mooi man (6)9 Ekonomiese insinking (8)10 Begeer (4)11 Wat bestaan (4)12 Kombineer (8)14 Poort (8)16 Godsdienstige gebruik (4)18 Bondel druiwe (4)20 Ondermyn (8)22 Alarm (6)23 Vroeër (6) AF 1 Ervaar (6)2 Oor argumente praat (8
SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer
SARIE6 min read
WENNERS NÉS MA & PA
Resepteboekskrywer Marisa de Bruyn oor modeontwerper-ma Marianne Fassler Toe Marisa de Bruyn van Ladybrand in die Oos-Vrystaat ’n resepteboek-projek aanpak, ten bate van haar kinders se skool, kon sy put uit die kreatiwiteit van drie generasies vroue

Related