Landbouweekblad

4 kenners se raad om plase veiliger te kry

Plaasveiligheid

Agt plaasmoorde in agt dae. Slagoffers “gemartel en verbrand”. Plaasmoorde nou ’n noodtoestand. Só lui hoofopskrifte in die media ná een van die bloedigste weke vir Suid-Afrikaanse boere. Die aanvalle vroeg in Junie het in vyf provinsies plaasgevind en in twee gevalle is twee mense vermoor – Pierre en Belinda de Kock op hul plaas Holvlei buite Aurora, naby Piketberg in die Wes-Kaap, en Anneke Claassen en Hennie Claassen op die plaas Klipfonteinhoek naby Ohrigstad, Limpopo.

Dit dui daarop dat plaasmoorde landwyd fel is, en nie ingeperk is deur provinsiale grense nie.

Die jongste vlaag plaasmoorde het veiligheidskenners, politici en landbou organisasies weer na die tafel gebring om oplossings te vind, maar intussen moet boere aangaan met hul lewe en werk ondanks die daaglikse bedreiging wat soos ’n swaard oor hul kop hang.

Die aandag wat die boer gee aan die beveiling van sy eie werf om homself en sy ge sin te beskerm, is nou belangriker as ooit.

Landbouweekblad het met mense gesels wat kennis het oor plaas- en persoonlike veiligheid, misdaad en eerstehandse ervaring om boere leiding te gee oor hoe om hulself te bemagtig en te beveilig.

DIE AKTIVIS

Ian Cameron (LINKS), direkteur van gemeenskapsveiligheid van die drukgroep Action society, sê die feit dat daar soveel plaasmoorde in só ’n kort tydperk was en die wreedheid wat daarmee gepaard gegaan het, is kommerwekkend. Volgens hom is dit egter moeilik om die jongste vlaag toe te skryf aan ’n neiging in dié soort misdaad.

“Wat uitstaan, is dat die plaasmoorde nie net in een gebied was nie. Ons kan nie sê een provinsie is veiliger as ’n ander nie. Ek dink die Noord-Kaap is ’n uitskieter wat veiligheid betref, maar dit is danksy die minder aantal mense in ’n baie groot provinsie. Gauteng staan uit (met meer voorvalle) en die rede is weer dat daar ’n groot konsentrasie mense is, asook baie kleinhoewes en die groot aantal informele nedersettings.”

Voorvalle op kleinhoewes val in die meeste gevalle in dieselfde kategorie as plaasmoorde.

“In die Wes-Kaap stel die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related