Idees

SOETE SITRUS

BRASILIAANSESTYLHOENDER MET KLAPPER EN LEMMETJIE

Probeer gerus hierdie gereg volgende keer as jy lus is om jou familie of vriende met iets anders te bederf. Dié hoender het ‘n ligte speserysmaak, maar dis baie geurig en pikant met ‘n ryk, romerige sous waaroor almal gaande sal wees.

Genoeg vir: 4-6

Bereidingstyd: 40 minute

Gaarmaaktyd: 60 minute

Oondtemperatuur: 180 °C

♥ 1 heel hoender
♥ 30 ml sagte botter
♥ 15 ml fyngerasperde lemmetjieskil
♥ 200 g baba-rosatamaties, middeldeur gesny
♥ 250 ml geblikte swartbone, gedreineer
♥ 45 ml varsuitgedrukte lemmetjiesap
♥ babaspinasieblare, om voor te sit
♥ gaar rys, om voor te sit ♥ geskroeide lemmetjiewiggies en vars koljanderblare, om voor te sit

SOUS

♥ 15 ml canola-olie
♥ 1 ui, fyngekap
♥ 2 knoffelhuisies, fyngedruk
♥ 15 ml fyngerasperde vars gemmer
♥ 10 ml fyn koljander
♥ 1 ml cayennepeper
♥ 5 ml borrie
♥ 2-3 rooi brandrissies, in die lengte oopgesny
♥ 1 x blik (400 g) klappermelk
♥ 25 ml grondboontjiebotter

Gooi die olie in ‘n kastrol en verhit dit oor matige hitte. Voeg die ui by en soteer dit ‘n paar minute tot dit begin sag word. Voeg die knoffel en gemmer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees3 min read
Maak So Mooi
‘Die skou is 47,2 kilometer lank en het 5 000 uitstallers se harde werk en aptyt vir risiko geneem om bymekaar te sit,’ vertel die aantreklike Duitse organiseerder. En dit was min of meer hoeveel ek van die perskonferensie kon verstaan. Dis wat gebeu
Idees1 min read
Patroonkoekies
♥ vanieljekoekiedeeg (resep op bladsy 40) ♥ silikoonvorm van jou keuse ♥ ronde koekiedrukker ♥ koekroller 1 Maak die deeg aan volgens die vanieljekoekieresep op bladsy 40. Bedek die deegbol met kleefplastiek en sit dit vir minstens 1 uur in die yskas
Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif

Related