OUMA SE WIKKELKIND
Op TikTok het sy al meer as 3 miljoen duime-in-die-lug vir haar danspassies gekry. En in die “regte wêreld” is dié talentvolle Gautenger ook ’n danser.
Xené (19) van Bedfordview in die ooste van Johannesburg het al in verskeie plaaslike musikante se musiekvideo’s haar ding gedoen. Sy vertel dit het alles op driejarige ouderdom begin en dat haar ouma haar voetjies aan die beweeg help kry het.