![f0094-01](https://article-imgs.scribdassets.com/1w21uiknwgb5vg4n/images/fileCWSPTAGT.jpg)
DIE winterwolke wat vanoggend weer so laag oor Kaapstad se berge hang, laat jou dink aan die verhaal van ou Van Hunks en die duiwel wat mekaar in ’n pyprookkompetisie getakel het. Dis ’n ou, ou storie wat al geslagte lank oorvertel en onthou word. Want stories neem jou na vreemde plekke vol aardige karakters; na landskappe ver anderkant die bekende.
Stories kan jou selfs neem na sterrestelsels vreeslik ver van hier af– en dis presies wat twee Kaapse storievertellers, Nadia Darries (30) en Daniel Clarke (36), onlangs suksesvol met hul Star Wars kortfliek gedoen het.
Hulle is die skrywers en regisseurs van , waarmee seisoen twee van Disney+ se reeks afgesluit word. En aanhangers