AKTEUR, SANGER EN LIEDJIESKRYWER
“Ek het die breek nodig gehad,” vertel Marno van der Merwe (38) oor sy besluit om sowat vyf jaar gelede Kaap toe te verhuis en sy aandag aan die sakewêreld te gee.
“Ek was moeg en uitgeput deur die vermaakwêreld, op soek na ’n nuwe uitdaging, en het toe saam met ’n vriend ’n onderneming vir natuurlike aanvullers begin.”
Die onderneming het goed gegroei, maar die kunstegogga het gou weer begin byt.