HAAR naam was Neyamiah; dit beteken “vertroos deur God”. Sy was net drie jaar oud.
Op haar ouers se selfoonfoto’s en video’s was sy altyd in pienk geklee. Soms was daar ’n pienk blommekrans op haar hare, en haar sjokoladebruin ogies het altyd vol vertroue na die kamera gekyk.
Maar op 25 Mei vanjaar het die meisietjie van Bromhof in Johannesburg snakkend na asem gesterf in die arms van haar ma, Sunera James.
Onthou haar naam. Want klein Neyamiah is van haar laaste asem, van suurstof, beroof deur beurtkrag.
En nou is haar gesiggie – die onskuldige gesig van ’n siek kind wat die kans op ’n langer lewe ontneem is – ’n hartverskeurende simbool van die ware, wrede impak van ons kragkrisis.
Suid-Afrikaners leef nou al sedert 2007 met toenemende beurtkrag saam. Dus is