Huisgenoot

SY MOEDERTAAL, MUSIEK

DIE gehoor klap gemoedelik hande al is die volgende komponis en sy werk waarskynlik nog aan baie van hulle onbekend.

Dis nie elke dag dat jy die voorreg het om ’n wêreldpremière te hoor nie – veral nie hier op die kampus van die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom nie.

Op die verhoog lig die musiekdosent en dirigent André Oosthuizen sy stokkie. Vir ’n oomblik kan jy ’n speld hoor val, en dan voer die 60 musikante jou weg na ’n ander wêreld.

Dis asof jy die dreunende hoewe van ’n ridder se strydros hoor terwyl geheimsinnige woudtonele oor ’n reuseskerm agter die NWU-simfonieorkes verbyskuif. Eers agt minute later, toe die laaste klanke van Tema di un cavaliere wegsterf, keer die gehoor van 900 mense terug tot die hede.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related