Baba & Kleuter

Verbeter jul kans op ’n baba

STAP 1

PRAAT MET JOU MAAT

Paartjies moet saam besluit dat die tyd reg is. Gesels oor dinge soos bekostigbaarheid, tydsberekening en die ouderdomsgaping tussen jul kinders, kindersorg en werkopsies. As dit jul eerste baba is, kan julle ook gesels oor ouerskapstyl en moontlike ondersteuningstelsels. Julle kan gerus ook albei die dokter raadpleeg en van jul plan vertel, sodat enige moontlike probleme vroeg opgespoor en behandel kan word. Dit kan onnodige stres en teleurstelling voorkom.

STAP 2

WORD GESONDER

Jou vrugbaarheid hang af van jou ouderdom, gesondheid, emosies, menstruele siklus, die soort voorbehoeding wat jy gebruik en hoe lank jy dit al gebruik. Jong vroue word meestal maklik swanger omdat hul eierselle jonger is en omdat die serviks langer oop bly tydens ovulasie (die vrugbare dae van die siklus). Vroue wat oorgewig is, kan ’n hormoonwanbalans hê omdat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter1 min read
Eetklei, Speelklei
■ 250 ml (1 k) hawermout■ 125 ml (½ k) meel■ 125 ml (½ k) water 1. Meng die hawermout en meel saam en voeg die water bietjie vir bietjie by tot jy gelukkig is met die dikte en tekstuur. Jy kan meer of ’n bietjie minder water nodig hê. Voeg nog meel
Baba & Kleuter3 min read
Groete uit NIEU-SEELAND
Ons Terhoevens het einde Augustus verlede jaar in Auckland, Nieu-Seeland, aangekom. Eers meer oor ons: Ek (Clarise) en my man, Rick, werk albei in die aktuariële veld in die versekeringsbedryf. Ons drie seuntjies is Roald (18 maande), Nicholas (4) en
Baba & Kleuter4 min read
Nuwe Leespret
Dié boek moet jy koop en bewaar. Die 60 tydlose, betowerende verhale kry telkens nuwe betekenis namate kinders ouer word. Die stories is versamel en oorvertel deur Linda Rode, sprokiesliefhebber en skepper van immergroen bundels soos Goue lint, my st

Related