Weg! Platteland

Ohrigstad se klein grootboer

Die Ohrigstadvallei is groen en gesond ná die goeie laatsomerreën in Februarie. Tog verskil die klimaat en reënval geweldig hier, afhangende hoe hoog of laag jy woon: Bo in die vallei het 280mm in een week geval, maar laer af het die Else 80mm gekry.

Die Else is 4km buite die dorp, by die Haakhoek-boerdery. “Die naam Haakhoek kom van die vlakte se naam – hier is baie haak-en-steekbome wat aan jou klere klou. Die berg agter die plaas is Tafelkop, en daardie diep keep is Olienhoutkloof,” verduidelik Dewald Els.

Hier woon drie geslagte Else op die plaas waarvan Waldo (8) en Marko (6) die jongste is. Daar’s ook hulle ouers, Dewald en Melissa, en dan Dewald se ouers, oupa Jan en ouma Lenie.

Jan vertel: “My pa en oupa-hulle het ook hier geboer. Kort-kort moes hulle vlug vir die droogte, dan gaan werk hulle weer ’n bietjie. My pa het op die myne gewerk waar hy dinamiet geskiet het. As dit dan weer ’n slag reën en daar’s water in die rivier, dan kom boer hy weer.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland10 min read
Ware Rus… Langs Die waters Van Sabie
‘Ek het al voorheen in my lewe perde gehad, maar vanjaar het ek die meeste tyd nóg in die geselskap van hierdie manjifieke diere deurgebring. Hulle is nie net kalmerend nie, maar ook ’n bietjie soos ’n spieël – hulle wys jou ware emosies vir jou,” sê
Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou
Weg: Platteland3 min read
Eet, Drink, Wees Plesierig!
Stap deur Sutherland se geskiedenis Amanda du Preez se staptoer, Sutherland on Foot, is ’n lekker manier om meer van die dorp te sien en leer. Sy vertel stories oor die ou geboue en vroeë tye terwyl jy vir sowat twee uur die strate verken. Daar is ni

Related Books & Audiobooks