Weg!

Om terug te gee

Dis ’n winterse vroegoggend op die oewer van die Limpoporivier in die Krugerwildtuin. Die groep voëlkykers se koppe tol heen en weer terwyl Duncan McKenzie spesies afrits: “Geelborskleinjantjie, tropiese waterfiskaal, palmwindswael, grysrugkwêkwêvoël, gewone willie, gevlekte stekelstert...”

Duncan is die voëlgids op ’n driedagwegbreek vir Ecotraining en Birdlife South Africa in die Makuleke-konsessie in die Pafurigebied in die noorde van die wildtuin. Hy luister en beduie met ’n vinger in die of dáái rigting terwyl ons klomp vervaard sukkel om die verkykers te fokus.

Duncan (44) is tuis hier in Makuleke waar hy jare lank reeds by Ecotraining opleidingsklasse gee tussendeur sy heeltydse werk as ekoloog. Daarby is hy ook onder meer trustee van die John Voelcker-voëlboekfonds, boekskrywer, die bydraer met die meeste “kaartjies” (opnames) in die Suider-Afrikaanse Voëlatlas 2-projek

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related