SÓ WERK DIT
Wanneer ons aan ’n virus of bakterieë blootgestel word wat ’n siekte veroorsaak, vervaardig ons immuunstelsel proteïenmolekules wat teenliggaampies genoem word om dit te bestry.
Ons ongelooflike liggaam vervaardig elke dag miljoene teenliggaampies wat so doeltreffend is dat ons nie eens agterkom ons het amper siek geword nie. Die eerste keer dat die liggaam met ’n bepaalde virus of bakterieë te doen kry, sal dit ’n paar dae neem om die teenliggaampies te vervaardig wat nodig is om dit te bestry. Vir sekere soorte infeksies is dit te lank. Die infeksie sal vinniger versprei as wat jou immuunstelsel dit kan bestry.
Dit is waar entstowwe goed te pas kom.
Dink aan