Huisgenoot

LIEFDE IN DIE PUIN

WANNEER hy ’n blaaskans kry terwyl hy teen die Russe baklei, bestuur hy onder vuur om vir haar avokado’s na die voorste linie te bring. Sy is ’n veganis. Eenkeer het hy 64 km gery om vir haar ’n bos blomme te kry. En met sy verjaardag het sy vir hom ’n hartvormige koek bestel wat hy in die loopgrawe geëet het. Op haar afdag om kruideniersware te koop het sy ’n slaapbank gekoop en ’n klompie verwarde soldate oorreed om dit op ’n weermagtrok na die basis te neem sodat hulle daarop kan slaap.

Dit is liefde in ’n tyd van oorlog.

Voor die Russiese inval in Oekraïne was Anja Seledkowa (36) ’n onderwyseres met ’n los werkie waar sy sakke en klere gemaak het. Sasja Chaoestof (35) het sy tyd verdeel tussen die bestuur van ’n klein vragmotormaatskappy en spieshengel.

Op 24 Februarie verlede jaar, die dag van die inval, het hulle soos talle ander as vrywilligers aangemeld – hy om te veg; sy as paramedikus.

Hulle het mekaar verlede Julie in die loopgrawe van die oostelike front ontmoet toe sy die gewondes kom versorg het.

“Ek het dadelik van haar gehou,” sê Sasja, en glimlag. “Ek was beïndruk deur hoe sterk en vreesloos sy was. Sy het my geïgnoreer om mee te begin, maar ek was knaend. Ek het enige verskoning probeer vind om haar te sien. Ek het byvoorbeeld vir haar gesê: ‘Ek voel nie goed nie; gee vir my vitamien C.’”

Anja was aangegryp deur

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related