LRINSES ELIZABETH was in Mei 1948 22 jaar oud en besig met haar eerste amptelike besoek aan Parys saam met prins Philip, met wie sy die jaar tevore getroud is.
Vir die buitewêreld het alles soos gewoonlik gelyk. Die prinses het geglimlag en vir die skare gewaai, alle amptelike afsprake nagekom, blad geskud met hoogwaardigheidsbekleërs en leiers, toesprake gelewer en almal se voete onder hulle uitgeslaan.
“Die Franse is behep met ons koninklike gesin,” het die Britse koerant The Telegraph gespog.
Maar wat min mense besef het, was dat die koningin nie op haar beste was nie: Sy het met oggendnaarheid gesukkel, want sy was vier maande swanger met haar eerste kind.
Destyds het ander koninklike en sosiale protokolle geheers as vandag en was daar geen amptelike aankondiging dat die prinses swanger is nie.
En daar was ook geen rede om te vermoed Elizabeth verwag nie. Sy en Philip het gedans, uitgeëet en tot laatnag gekuier.
Die nuushonde is egter nie lank aan hul neus rondgelei nie. Verslaggewers het gou begin agterkom die prinses is “in ’n interessante toestand”. Fotograwe het – ongetwyfeld op versoek van Buckinghampaleis – probeer om foto’s uit so ’n hoek te neem dat dit nie kon verklap dat die prinses se boepie aan die uitsit was nie.
Die paleis het ’n vae verklaring uitgereik dat Elizabeth “tot ná die einde van Junie geen openbare afsprake” sou nakom nie. En dit was al wat die wêreld moes hoor om te besef ’n klein Windsortjie