Huisgenoot

TOT SIENS, PRINS PHILIP

DIT was ’n liefdesverhaal wat deur die soet en suur van die lewe oor meer as sewe dekades gestrek het. Toe die jong prinses en die aantreklike vlootkadet mekaar die eerste keer ontmoet het, was dit die begin van ’n romanse wat die toets van die tyd en die eise van ’n lewe in die felste kollig deurstaan het.

En nou het die slottoneel aangebreek in die liefdesverhaal sonder weerga van koningin Elizabeth II en haar geliefde prins Philip. Op 99-jarige ouderdom – net twee maande voor sy 100ste verjaardag – het die hertog van Edinburgh sy laaste asem uitgeblaas met sy vrou langs sy sterfbed.

Die 95-jarige koningin het met “diepe hartseer” die dood van haar wederhelf van die afgelope 73 jaar bekendgemaak. Vlae het halfstok gehang en saluutskote van die weermag het oor die land opgeklink. Op die koningin se sosialemediaplatforms is ’n portret van haar en Philip gedeel met ’n roerende aanhaling daarby uit ’n toespraak wat sy met hul goue huweliksherdenking in 1997 gelewer het: “Hy was al hierdie jare my rots en anker, en ek en sy hele familie, hierdie land en baie ander lande is meer aan hom verskuldig as wat hy ooit sou eis, of wat ons ooit sal weet.”

DIE verlies van haar sielsgenoot het die koningin in rou gedompel, maar mense in die binnekring sê sy was daarop voorbereid.

“Sy sou al baiekeer oor hierdie oomblik gedink het, en sy sal dit op haar manier hanteer deur so standvastig en kalm moontlik te bly,” het Charles Anson, ’n voormalige woordvoerder van haar, aan die tydskrif People gesê. “In die jare dat ek saam met haar gewerk het, was sy altyd kalm, maak nie saak wat nie. Maar vir enige mens is dit traumaties,” het hy bygevoeg. Ná die agt dae van openbare rou oor sy dood, sal die koningin nog 30 dae in privaatheid rou.

Sy put troos daaruit dat sy en Philip die afgelope paar maande soveel tyd saam kon deurbring, sê bronne. Die egpaar was vir die grootste deel van die inperking by Windsorkasteel, waar hy op 9 April vreedsaam gesterf het.

Ná sy uittrede in 2017 het hy meestal in Norfolk op die platteland gewoon terwyl sy vrou haar koninklike pligte vanuit Buckinghampaleis en Windsorkasteel uitgevoer het. Die inperking was die eerste keer in jare dat hulle heeltyd bymekaar kon wees, met feitlik geen openbare verpligtinge

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Jou Regte In ’n Saamwoonverhouding
1 Wat is ’n saamwoonverhouding? Dit is as jy en jou lewensmaat elke aspek van jul lewe – soos verblyf, finansies en huishoudelike verantwoordelikhede – deel, maar nie getroud of in ’n burgerlike vennootskap is nie, sê Danielle Mylie van die regsfirma
Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot2 min read
Filantroop
beteken liefde en “anthropos” beteken mens of mensdom. In die oorspronklike Grieks beteken dit “liefde vir die mensdom”. ’n Filantroop is ’n weldoener wat sy tyd en geld gebruik om ander mense te help. In die middel van Indië se maand lange verkiesin

Related