SARIE KOS

Die storie van meel

ONS MEE LMAN

Toe hy in 2013 ’n meul koop, het Aubrey Terblanche nog niks geweet van die meelbedryf nie. Maar danksy die storie van Gideon in die Bybel en ’n groot sprong in geloof het dié korporatiewe vlieënier die nismark van steengemaalde meel betree. Vandag is hy ’n suksesvolle meuleienaar. Ons gesels met hom by Gideon Milling se hooffabriek in Bellville oor sy passie vir meel

1 Hoekom moet ons steengemaalde meel kies?

Baie tuisbakkers verkies dit bo gewone kommersiële meel omdat hulle glo dit lewer ’n beter bakproduk. Steengemaalde meel word stadig by ’n laer temperatuur – 38-40 °C – gemaal, wat help dat die koringkiem sy voedingswaarde behou.

Dit is ook ’n growwer, meer verteerbare meel. Verbruikers het al aan my gerapporteer dat hulle, ondanks hul glutenintoleransie, geen negatiewe effek van ons meel het nie.

2 Hoe het jy in die meelbedryf beland?

Soos die jare van jou lewe aanstap, begin jy jouself afvra: “Waarom is ek hier? Wat is die doel van my lewe?” Ek wou nie een van daardie mense wees wat net hier rondhang nie, ek wou iets dóén. Ek het gevoel ek kan ’n verskil in die voedselbedryf maak en in die meelbedryf beland. Ek het niks geweet van die bedryf nie, net ervaar die Here sê: “Begin die besigheid en Ek sal die storie verder skryf.”

3 Waar kom die naam Gideon Milling vandaan?

Ek het op ’n dag in Rigters 6 die storie van Gideon gelees waar hy koring dors terwyl hy vir die Midianiete wegkruip. ’n Engel het aan hom verskyn en gesê: “Die Here

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS7 min read
Presto! Pesto
● ’n Vrou se kragtoer ● Waar kom die naam vandaan?● 6 resepte met pesto Wanneer Kathleen Quillinan met haar klein Fiat 500 deur die verkeer vleg, word sy gereeld begroet deur ’n getoeter. Saam met vriendelik-waaiende hande en uitroepe: “Mal oor jou
SARIE KOS5 min read
KOOKKLAS: Pasta Vir Die Wen
● Maak jou eie pastadeeg● Ravioli vir ’n uithang-okkasie● Boerewors-bolognese Sorg dat jou pot groot genoeg is en ook genoeg water bevat om die pasta te kook. Jy het vier dele water teenoor een deel pasta nodig, dan beweeg die pasta makliker in die
SARIE KOS6 min read
Minder Vir Meer
• Maklike etes met min bestanddele• Kortpad-manier van bobotie maak• Kook met min skottelgoed Bekostigbaar en so lekker! Lemoen en vark is goeie vriende. GENOEG VIR 4-6 1. 1 ui, baie fyn gekap2. duimnaelgrootte vars gemmer, fyngerasper3. 500 g var

Related