DIE akteur ARNO GREEFF trek vir die eerste keer sy aanbiedersbaadjie aan vir VIA se splinternuwe musiekspeletjiesprogram, Klankbank. Van Vrydag 14 April moet drie deelnemers saamwerk en hul musiekkennis inspan om ’n kontantbank te “beroof”, maar net een van hulle kan dalk met ’n kontantprys van tot R120 000 wegstap. Die spel is vol opwinding en verraad en toets hoe geldgierig hulle is. Die reeks van 13 episodes is binne vier dae in Maart in Boksburg verfilm.
Omdat hy so mal is oor musiek, was dit vir hom lekker om aan die program deel te