DIE hond sit en bewe van afwagting. Hy kyk stip na sy hanteerder en wag . . . en wag . . . en wag . . . Geduldig bly hy sit. Dan kom die bevel eindelik: “Soek!”
En weg is hy, neus plat op die grond, op soek na die een ding wat hy weet hy moet uitsnuffel: koper.
Skaars vyf minute later kry hy die pyp wat onder die lang gras op sy opleidingsterrein versteek is. Sy stert swaai toe hy terugdraf na sy hanteerder om sy beloning – ’n paar minute saam met sy gunstelingrubberspeelding – te kry.
Sy naam is Jackson, Kaapstad se jongste wapen in die stryd teen koperdiefstal.
Dis een van die land se groot misdaadkopsere, en