Landbouweekblad

Van Vaaljapie tot oeskoning

As jy met net ’n boorgat en ’n skuur jou boerdery moet begin, is daar twee dingewat jou deurtrek: harde werk en familiewaardes.

Toe mnr. Attie Nel in 1993 ná sy weermagopleiding en studie aan die Landboukollege Neudamm begin boer het, was daar geen ontwikkeling op die plaas nie. Buiten die boorgat en die skuur wat in ’n huis verander is, moes hy alles met die hand op die been bring.

Sy pa, Attie sr., ’n onderwyser wat ook op die familieplaas by Outjo geboer het, se standpunt was altyd dat ’n mens net ’n ontwikkelde plaas moet koop, maar hy het van sy eie reël afgewyk toe hy Algier by Tsumeb aangeskaf het “omdat die prys van R100 000 reg was”.

Dit was min geld as jy in ag neem dat Nel sy eerste Brahman-bul vir R12 000 gekoop het.

Nel vertel sy pa het die landjie van 60 ha (alles vir eie gebruik) op die Outjo-plaas geploeg met ’n drieskaarploegie en ’n Vaaljapie-trekker, daardie klein, vaal Ferguson-trekkertjie wat die landbou in die 1940’s wêreldwyd ’n hupstoot gegee het. ’n Plaaswerker het met ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related