Huisgenoot

Die ware verhale agter die nuus

STELLA MURDERS

DIE WARE GEBEURE

Stella Murders ondersoek die dood van die beste vriendinne Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) in die skoolkoshuis van die Hoërskool Stella in Noordwes.

Op Saterdagoggend 26 Mei 2018 is Sharnelle dood aan die trapreling gevind en Marna is in ’n badkamer ontdek – albei sterftes het aanvanklik soos selfmoord gelyk.

Stella, die tuiste van net meer as 4 000 mense, is ’n klein, stil beesboerderydorpie naby Vryburg in Noordwes. “In so ’n hegte gemeenskap word verwag dat gevaar van buite af kom,” sê die kliniese sielkundige Elmarie Claassens in die dokumentêr. “Maar die ding van gevaar is: Dit kom nie uitsluitlik van buite nie.”

In 2021 het Showmax se dokkiereeks die land aan die praat gehad, en nou is dié reeks se regisseur en produksiemaatskappy terug met ’n nuwe aangrypende dokumentêr wat gaan oor die sterftes by die Hoërskool Stella.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Die Spele In Syfers
Soveel etes sal daagliks in die Olimpiese dorp bedien word. Die aantal lande wat sal deelneem, insluitend die IOK se vlugtelingespan. Soveel ton CO₂ sal deur die Olimpiese Spele in Parys gegenereer word. Die organiseerders noem dit die groenste Spele
Huisgenoot2 min read
Wat Jy Moet Weet Oor Gedwonge Of Vroeë Aftrede
1 Is ek kragtens die wet verplig om op ’n sekere ouderdom af te tree? Nee. Die neiging is tussen 60 en 65, maar geen Suid-Afrikaanse wet skryf dit voor nie. Jy kan werk so lank as wat jy wil, of as wat jou dienskontrak bepaal. Werkgewers mag nie teen
Huisgenoot4 min read
Wintertyd, Fliektyd
As jy klaar deur die agt seisoene van Monk gekyk het wat vroeër vanjaar op Netflix uitgereik is, kan jy regskuif vir die fliek. Ná 14 jaar maak die eienaardige dog snaakse TV-speurder Adrian Monk (Tony Shalhoub) sy buiging op ons skerms in ’n fliek w

Related