V ashti Prins (28) is nie perfek nie. En dié Suidooster-aktrise met die benydenswaardige krulledos is oukei daarmee.
Om die anxiety binne haar aan te spreek- daardie voortdurende gevoel van “ek moet beter”- het Vashti besluit genoeg is genoeg.
Genoeg van dink jy moet altyd in beheer wees, Genoeg van altyd nóg spanning op jou laai deur nóg meer op jou te ppak en “perfek” te wil wees vir almal rondom jou, behalwe jouself.
Dalk kan jy relate. Die ouma wat heeltyd alles vir almal moet wees en oral moet instaan. Die ma wat vir almal daar is, eerste op is, die kosblikkies pak en nog moet kom kosmaak ná ‘n lang dag se werk, huis moet skoonmaak, kinders moet aflaai en met huiswerk moet help